Saturday 3 August

Annual Winter Charity Event

Winter Charity Ball_Saturday, 3 Augus_Website

Die Oliver Twistgemeenskapsprojek samel vanjaar geld in om ‘n lewensredderstoel aan te koop. Die gebruiklike, jaarlikse glansryke bal word weer eens deur ReedValley aangebied en 100% van die kaartjieverkope vir vanjaar se byeenkoms op 3 Augustus word aan die Oliver Twistgemeenskapsprojek skenk. Vanjaar sal die groep, Lonesome Rangers se musiek die gaste op die dansvloer hou en daar word fluks gevorder met die insameling van voorkeur-items wat tydens die bal opgeveil sal word. Mosselbaaiers kan solank begin beplan vir hierdie semi-formele byeenkoms in die unieke atmosfeer van ReedValley, waar ‘n verwelkomingsdrankie ‘n heerlike driegangmaaltyd en voortreflike musiek die veiling sal voorafgaan.