Friday, 20 September

Touch of Class

Touch of Class – Friday, 20 September_website

‘Hoendervleismooi’ is die perfekte woord om die bekroonde musiekgroep, Touch of Class, se werk op te som. Hierdie duo, Ruhan du Toit en Deon van der Merwe het besluit om hulle uitsonderlike talent saam te span.

Vandag spog hulle met ’n nuwe kontemporêre klank, wat aanklank vind by jonk en oud. Deon se instrumentele vernuf en Ruhan se veelsydige vieroktaafstem is die perfekte pasmaats en, na dertien albums saam, vermaak hulle gehore met ’n verskeidenheid musiekgenres uit verskillende eras, wat wissel van Country, Klassieke Rock, Rock ’n Roll en Pop, tot Klassieke Musiek, Blues en ander tradsionele musiekstyle.

 Touch of Class se roerende en unieke aanslag, doen hulle naam beslis gestand, want dié musikante is regtig in ’n klas van hulle eie. Hierdie musiekmeesters het beslis vir hulself ’n stewige plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf kom vestig.