Sondag, 11 April

Sondagmiddagete by The Boma met Mathys Roets

Mathys Roets (6)

As gevolg van groot aanvraag, het Mathys Roets ingestem om tydens hul weeklikse Sondagmiddagete ‘n vertoning by ons buitelug-restaurant, The Boma, op te stel vir die naweek (11 April).

Kaartjies is R250 per persoon (minimum 2 persone aan ‘n tafel), en beskikbaar by www.reedvalley.com/shows.

Kaartjies sluit middagete in:
Boma Meaty Combo (lamb chop, wors, riblets & chicken wings)
3 x Salads
Fresh Buns

Deure oop: 12h00
Middagete begin: 13h00
Vertoning begin: 14h00

Let asb daarop dat plek min is en dat slegs besprekings per tafel aanvaar kan word 🙏

Vir enige navrae kontak asb vir Tanya by 083 308 4288

Mathys Roets stel eerste album in 9 jaar bekend en saam met dit kom ‘n splinternuwe vertoning!

In tipiese Mathys Roets-styl is elke liedjie met diepte en warmte gevul. Wat hierdie vertoning en album so spesiaal maak is die samevloei van die digkuns en musikale vernuf. Elke lied kry dit reg om jou met nostalgie te laat terugdink aan spesiale oomblike uit ’n ander lewe. Dis asof liriek en melodie saamspan om jou te laat ontvlug na alles waarvan jy reeds vergeet het.

Saam met enige Mathys Roets vertoning, kan jy altyd uitsien na ou bekendes en nou ook die splinternuwe Leonard Cohen lied, “Thanks for the Dance”. Kom geniet hierdie nuwe musiek saamgesnoer met ou bekendes vir ‘n heerlike aand van vermaak in ‘n intieme omgewing.

Kom luister na die sagte Reën, of Bertus se koolstoof wat sing totdat Klaasvakie kom oorneem. ‘n Sprokie oor ons land en stories van Grasade en Katedrale. Kom reis saam as die trein vertrek van die Stasie in die skemer. Cohen sê dankie vir die laaste dans. Daar is altyd ‘n nuwe begin al dink jy Waantoe nou. Maar jy bly steeds die reën, die sagte reën oor die veld en appelblaarboom wat bot.