6 Maart

Koos Du Plessis - Stories agter die man en sy musiek.

deur Albert Meintjes
koos du plessis - albert meintjies

Ek het in Desember 2019 hierdie fantastiese show oor die legandariese Koos du Plessis bekend gestel. Ek het maande lank gegerawe vir stories, om jou ‘n kykie te gee agter die skerms van een van ons grootste liedjie skrywers in Afrikaans. Daar is 15 liedjies in die show met ou bekendes soos Kinders van die wind, Sprokie, Najaarsdroom, As jy my kon volg en Boshoek, asook ‘n splinter nuwe lied, n’ Klein ou verhaaltjie, wat ek getoonset het van een van sy ou gedigte. Ek toer deur die land in 2020, so kyk uit vir die show naby jou.

Hier is n’ kort video om jou lus te maak..

https://www.youtube.com/watch?v=jjfCi_szN24