18 Julie

Jakkie Louw

kuier by The Boma
Jakkie Louw 18 Julie

Die sanger, skrywer en akteur Jakkie Louw is gebore in Oudtshoorn as ‘n dominee se seun en
jongste van 7 kinders wat in Bellville grootgeword het. As tiener is Jakkie deur groot trauma
toe sy boetie Frikkie Louw oorlede is op die jong ouderdom van 18 jaar oud. Jakkie het op 15
jarige ouderdom ‘n kitaar opgetel en begin Cat Stevans en REM liedjies leer na sy broer se
dood. Hy het later begin engelse liedjies skryf in dieselfde ‘genre’. Jakkie se hoof instrument
was op daardie stadium die bas kitaar. in 1996 het Jakkie self ‘n groot motorfiets ongeluk
gemaak wat sy gebruik van sy bene verloor vir maande. Hy is as baskitaar speler uit sy band
geskop. Hy mos hospitaal toe maar het planne gehad. Hy het sy eie band begin waarin hy sy
eie liejdies skryf en sou kitaar speel en sing. In die hospitaalbed het Jakkie homself leer kitaar
en mondfluitjie speel. Hy het ‘n mondfluitjie houer gemaak van ‘n draad hanger met ‘n
tuinslang oor met ‘n mike-clip vooraan. Jakkie sou later daai jaar met sy band die Bellville
battle of the bands wen. Die top rock bands in SA kom toevallig uit Bellville en Jakkie se
hoërskool DF Malan.

As B.Comm student op Stellenbosch het Jakkie begin Afrikaans skryf en by die pubs begin
optree. Dit was in 1998 dat Jakkie vir die eerste keer betaal is vir ‘n vertoning. ‘n Volle R300
en ‘n glas Tassies. Liedjies soos ‘n Bottel Tas en Rambo die polisiehond het dadelik aandag
getrek en Jakkie is genooi om saammet sy band te kom toer in Pretoria.
Jakkie se styl van musiek was ongeken in Pretoria en hy het dadelik naam gemaak in die
plaaslike pubs in Hatfield en Johannesburg naby RAU. Plekke soos Maloneys en McGintys
het gekook as Jakkie en sy band daar optree. ‘Party party party in die wes transvaal..’ ‘Yes my
bra dis lekker in Pretoria!!’ se klanke was Pretoria vol.
Hier in die kuierplekke is drie Pikkewyne gebore. Jakkie se humorsin en oorspronklike klank
het hom al twee SAMA nominasies verseker en verskeie ander toekenings.Jakkie en sy orkes
toer reg oor Suid Afrika en het elke keer die gehoor gaande. As jy nog nie op en af gespring
het by ‘n Jakkie Louw optrede nie mis jy uit.

Jakkie se sagte kant het ook liedjies soos Een miljoen woorde en die bekende Voshaarnooi
(saam met Kevin Leo) die lig laat sien. Jakkie se kombinasie van lekker kuier liedjies en
sagter teater musiek maak sy lewendige optrede verseker iets wat na aan die Afrikaner se hart.
Jakkie se nuutste CD Party in SA, vat jou terug na die immergroen studente jare waarvan ons
almal steeds droom.