Vrydag, 27 April

Adam Tas by ReedValley

Adam Tas_Website-1

ReedValley vier Vryheidsdag met ’n vertoning deur Adam Tas op Vrydag, 27 April.

Die trippel platinum skrywer en sanger Adam Tas bring nog ’n meesterstuk-album “Patatas en Pyptabak” na vore. Die stories van ’n land en sy mense was lanklaas so mooi verwoord en getoonset. ’n Album soos net Adam Tas met sy ryke stem kan doen. 13 nuwe snitte op die album sal mense wat die musiek kom luister bekoor. Die gehoor kan uitsien na ’n spesiaal saamgestelde vertoning van Adam Tas met sy kitaar wat van die nuwe werke soos “My wens vir jou”, “Melk-en-heuning-vrou”, “Patatas en Pyptabak” en vele meer sal opvoer. Ook sal hulle verwerkings doen van die groot Afrikaanse treffers vanaf Adam Tas se vorige albums. Kom luister na die storieverteller uit die Bosveld en maak jou tuis onder die woorde van sy asem.

Deure open 18:30 en die vertoning sal om 20:00 begin. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon.