Chris Chameleon by The Barn@ReedValley – Vrydag, 30 Junie

Chris Chameleon by The Barn@ReedValley – Vrydag, 30 Junie

Chris Chameleon het ses jaar laas ’n volkome, selfgeskrewe Afrikaanse album vrygestel. Met die bekendstelling van die langverwagte Jy en Ek en Ek en Jy kan aanhangers uiteindelik asem uitblaas.

Die album is musikaal en liries sy mees avontuurlustige ooit, en in 2017 toer hy met hierdie nuwe album na alle uithoeke van Suid-Afrika.

Die klem val op hierdie nuwe baanbrekerswerk, waarin Chris opnuut weer die grense van klank, woord en sang in Afrikaans uitdaag en verskuif.

Maar gehore kan natuurlik ook uitsien na ’n keurspel van die treffers wat van Chris deur die jare ’n huishoudelike naam gemaak het.

Indien jy self so ’n Chris Chameleon lied het wat jy wil hoor, is daar goeie nuus vir jou: hy gee die gehoor altyd ’n geleentheid om hom te probeer vasvra met sy eie werk!

Chris Chameleon sal by The Barn@ReedValley optree op Vrydag, 30 Junie. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon. Platters kan ook voor die tyd aanlyn bestel word. Deure open 18:30 en die vertoning sal om 20:00 begin.