Donderdag, 21 Desember

TWEE - Piekniek vir TWEE

Die lede van TWEE, Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers, het mekaar 3 jaar gelede in Kaapstad ontmoet en onmiddellik besef dat hulle talente saam die landskap van Afrikaanse musiek kan verander. TWEE is in 2014 gebore en na die wegholsukses van hulle Afri-Visie wenliedjie, “Ek Sweer”, is die vollengtealbum, “Piekniek vir TWEE” vrygestel.

Hulle toer sedert die album se vrystelling in April 2016 die land vol en maak nuwe aanhangers oral waar hul gaan met hulle liedjies wat die hart diep aanraak en hul unieke en intieme aanslag op elke vertoning.

Kom ervaar TWEE “live” op die ReedValley-verhoog op Donderdag, 21 Desember! Deure open 18:30 en die vertoning sal om 20:00 begin. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon.

TWEE, die wenners van Afri-Visie 2015, se nuutste enkelsnit, “Brandewyn”, se musiekvideo is onlangs eksklusief op kykNET bekend gemaak is. Hierdie enkelsnit is ’n gunsteling by TWEE se aanhangers en daarom het die duo besluit om self hierdie musiekvideo te vervaardig.

Die groep TWEE het in Mei 2015 geskiedenis gemaak toe hulle as die eerste wenners van die kykNET Afri-Visie kompetisie aangewys is. Die liedjieskryf-kompetisie het niks minder as 1570 nuwe musiekskeppings die lig laat sien deur meer as 400 liedjieskrywers van regoor Suid-Afrika en Namibië.

Uiteindelik het die land gestem en Herman Kleinhans van TWEE is aangewys as die beste liedjieskrywer in ons land.

BESPREEK NOU

You might also be interested in