Vrydag, 22 Desember

Die Heuwels Fantasties by ReedValley

Die Heuwels Fantasties het beslis geen bekendstelling nodig nie, want dié musiekgroep het reeds van die begin af die musiekwêreld aan hulle voete. Nie net is hulle die eerste suksesvolle Afrikaanse Alternatiewe Pop-rockgroep in die land nie, maar hulle word ook beskou as musiekbaanbrekers van hulle generasie. Die groep beskryf die aanslag van hulle werk as “melodieus, geskryf met ’n akoestiese kitaar en geïnterpreteer met elektroniese en organiese instrumente”.

Moenie hulle vertoning op Vrydag, 22 Desember by ReedValley misloop nie! Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R100─R150 per persoon. Die deure maak 18:30 oop en die vertoning sal om 20:00 begin.

Die Heuwels Fantasties se nuutste album, “OKAY!”, is vrygestel op 5 Mei 2017, en sluit oorspronklike liedjies geskryf deur die groep sowel as “collaborations” met ander sangers soos Valiant Swart, JR en Hanu de Jongh in. Op hierdie album kan jy ook luister na bydraes deur bekende musikante soos Jannie Neethling (klavier), Adriaan Brand (trompet), Hiram Koopman (saksofoon), en Jannie van die Gereformeerde Blues Band (tuba en skuiftrompet). Hul het inspirasie vir hierdie album op Vleesbaai aan die Tuinroete gekry en die album is opgeneem by Jurgen von Wechmar se Sunset Studios op Stellenbosch.

BESPREEK NOU

You might also be interested in