Vrydag, 5 Januarie

Fluister – Chereé & Chris Rain

fluister bestaan uit die sangers Chereé en Chris Rain. Albei hierdie Kaapse kunstenaars sien uit om musiek te maak in sy eenvoud – waar stories vertel word deur melodieë sonder die lawaai van te veel instrumente. Hulle sing liedjies wat met hul harte praat asook hul gunstelingliedjies so deur die jare. Tydens hulle “live” vertonings bring hulle hulde aan Afrikaanse liedjieskrywers en kunstenaars soos Valiant Swart, Jan Blohm en Gian Groen asook Engelse legendes soos Cat Stevens, Bob Dylan en Bruce Springsteen.

Kom ervaar die sielvolle styl van fluister op Vrydag, 5 Januarie by ReedValley. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon.

“Blommekind” is fluister se eerste radio-enkelsnit en is geskryf deur Chris Rain en Wouter van de Venter; dit kan beskryf word as ’n “feel-good-song”.

fluister is besig om baie aandag te trek met hulle sielvolle styl en vertolkings van tydlose liedjies.

BESPREEK NOU

You might also be interested in