Saterdag, 23 Desember

Chris Chameleon, Jy en Ek en Ek en Jy

Chris Chameleon het ses jaar laas ’n volkome, selfgeskrewe Afrikaanse album vrygestel. Met die bekendstelling van die langverwagte “Jy en Ek en Ek en Jy” kan aanhangers uiteindelik asem uitblaas. Op Saterdag, 23 Desember, kom vermaak Chris Chameleon die Tuinroete met ’n spesiale vertoning by ReedValley. Deure open 18:30 en die vertoning sal om 20:00 begin. Kaartjies is beskikbaar aanlyn teen R150 per persoon.

“Jy en Ek en Ek en Jy” is musikaal en liries Chris se mees avontuurlustige album ooit, en in 2017 toer hy met hierdie nuwe album na alle uithoeke van Suid-Afrika.

Die klem val op hierdie nuwe baanbrekerswerk, waarin Chris opnuut weer die grense van klank, woord en sang in Afrikaans uitdaag en verskuif.

Maar gehore kan natuurlik ook uitsien na ’n keurspel van die treffers wat van Chris deur die jare ’n huishoudelike naam gemaak het.

Indien jy self so ’n Chris Chameleon lied het wat jy wil hoor, is daar goeie nuus vir jou: hy gee die gehoor altyd ’n geleentheid om hom te probeer vasvra met sy eie werk!

BESPREEK NOU

You might also be interested in