Dinsdag, 26 Desember

Adam Tas by ReedValley

Die trippel platinum skrywer en sanger Adam Tas bring nog ’n meesterstuk-album “Patatas en Pyptabak” na vore. Die stories van ’n land en sy mense was lanklaas so mooi verwoord en getoonset. ’n Album soos net Adam Tas met sy ryke stem kan doen. En op Dinsdag, 26 Desember, verwelkom ons hom op die ReedValley-verhoog! Deure open 18:30 en die vertoning sal om 20:00 begin. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon.

15 nuwe snitte op die album sal mense wat die musiek kom luister bekoor. Die gehoor kan uitsien na ’n spesiaal saamgestelde vertoning van Adam Tas en sy orkes wat van die nuwe werke  soos “Patatas en Pyptabak”, “Wenslys”, “Melk en Heuning Vrou” en vele meer sal opvoer. Ook sal hulle verwerkings doen van die groot treffers vanaf Adam Tas se vorige albums sowel as ou gewilde “cover” liedjies. Kom luister na die storieverteller uit die Bosveld en maak jou tuis onder die woorde van sy asem.

BESPREEK NOU

You might also be interested in